In my Kombuis.
- Yolanda Spies
- Sep 16
- 1 min read
Kom ons begin by die begin en ons vat die kombuis aan stukkie vir stukkie.
Wat het ek nodig en wat kan ek sonder leef.
Om alles in jou kombuis te hê en te lyk soos Gordon Ramsey of Jamie Oliver kan soms n uitdaging wees.
Maar moenie jou dood staar aan spasie en gereedskap wat jy het nie.
'n Goeie begin sal wees om op n resep of selfs n soort koskuns en daarvandaan jou speserye en gereedskap aan te skaf.
My begin was om gewone kos wat my Ma in die huis gemaak het te leer maak, sy het vir my n lys gemaak wat ek tot vandag het met die basiese kosse wat ons geeet het in die huis, pampoen, aartappels, patats, boontjies en ander groentes en ook vleise soos hoeder en n lekker skaap tjoppie met n lekker sous. Hierna het ek begin rond speel met Italiaans en Thai kosse, dit het my baie geleer van geure en teksture.
Begin by die basiese kosse en werk jouself op totdat jy met gemak in die kombuis kan staan en speserye kan ingooi sonder om die lepelmaat te gaan haal om jou sout af te meet.
Weet dat as jy probeer kan daar net twee opsies wees, mmm dis lekker of volgende keer dalk n bietjie minder sout.
Moet net nooit opgee nie anders moes ek al lankal nie meer kos gemaak het nie want niemand kan my vertel van hoe gou n pot rys brand of n stukkie vleis in n harde blokkie verandere wat die hond sukkel om te kou nie.
Ons moet net aanhou probeer!



Comments